By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Villiers Motors

Die Shell Garage in Villiers se hoofstraat is Villiers Motors,  slegs 2 km vanaf die N3. Die besigheid is omtrent 70 jaar oud en die naam het nog altyd dieselfde gebly.

Die eienaars – Paula Lourens en Johnnie Lourens - is nou al die 5de geslag van die familie wat deel is van Villiers se gemeenskap.

Buiten die algemene vulstasie-dienste is hier ‘n heerlike geriefswinkel met ‘n groot verskeidenheid produkte onder andere skoon skaapafval, plaasbiltong en tuisgebak. Daar’s ook netjiese badkamers om jou te verfris na die lang pad.

Goeie, vriendelike, vinnige diens en ‘n persoonlike ontvangs waar hulle omsien na elke kliënt is by Villiers Motors die wagwoord. Hulle is nie verniet in 2014 aangewys as die nommer 1 Shell vulstasie in die land nie!
Kontaknommer:058 821 0266
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site