By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Waterfall

Waterfall is al twee keer aangewys as die Beste Internasionale Gemengde Gebruiksontwikkeling deur die Internasionale Eiendomstoekennings vereeniging - en dit is maklik om te sien waarom. 

Hierdie bekroonde 2200 hektaar huurpagskema-ontwikkeling in die hart van Gauteng bied geïntegreerde, optiese-veselgereed, leef- werk- en speel-omgewings wat buitengewone lewensgehalte in 'n lewendige stedelike omgewing bied.

Waterfall is die grootste gemengde gebruiksontwikkeling in Afrika en die grootste eiendomsontwikkeling in die Suid-Afrikaanse geskiedenis, wat uiteindelik meer as 28,000 residensiële eenhede gaan kombineer met 2.5 miljoen vierkante meter Verhuringsarea vir kommersiele, kleinhandel en kantoor gebruik.

Waterfall is buitengewoon omdat dit eers ‘n plaas was, onaangeraak deur die beperkings van ouer ontwikkelings en bestaande infrastruktuur. Ontwikkelaars en stadsbeplanners kon dus 'n nuwe stad uit niks uit opbou, met behulp van die nuutste stedelike ontwerpbeginsels vir infrastruktuur, dienste, openbare ruimtes en natuurlik, die geboue self. 

Waterfall bied onoortreflike lewenskwaliteit in 'n lewendige stedelike omgewing. 

Van ses veilige woongebiede en twee aftree-oorde, twee privaatskole, 'n onderwyserskollege en 'n hospitaal, tot drie hotelle en nou ook Suid-Afrika se enigste helikopter-lughawe. 

Hier is uitgebreide kommersiële en kantoorparke, groot groenruimtes en hoë-tegnologie-gimnasiums. 'n Verskeidenheid eet- en vermaaklikheidsopsies en inspirerende inkopie-geleenthede soos by die ikoniese “Mall of Africa” - die grootste winkelsentrum op die vasteland, wat in 'n enkele fase gebou is. Al hierdie, saam met 'n topklas optiese vesel- en wi-fi kommunikasienetwerk, sowel as alternatiewe energievoorsiening, maak Waterfall 'n ware vooruitstrewende stad en stel nuwe standaarde in eiendomsontwikkeling.

Residensiële ontwikkelings sluit ‘n bree spektrum in vanaf die ultra luukse Waterfall Equestrian Estate en deftige Waterfall Country Estate, reg deur tot intree-vlak behuising.

Die aftree leefstyl landgoedere - Waterfall Hills en Waterfall Valley bied uitstekende dienste en sorg.

Die nuutste kommersliële toevoegings is Deloitte se nuwe Afrika hoofkwartier…
En die Waterfall Point deeltitel kantoor park. 

Kommersiële ontwikkellings sluit in die Waterfall sentrale besigheids distrik, Maxwell kantoorpark, die Cell C Kampus en internasionale handelsname soos PWC, BMW en Massbuild.

Om nie te praat van die talle publieke vervoerfasiliteite en die verskeidenheid van ontspanningsgeriewe nie. Dit alles rond Waterfall af, as 'n ware wêreldklas stad binne 'n stad.

Waterfall – kom leef, werk en speel in die stad van die toekoms.
Kontaknommer:011 253 9222
Copyright © Ontbytsake 2019 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site