By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Waterlake Farm

Waterlake Farm is geleë in die ooste van Pretoria op die Boschkoppad,  net agt kilometer – vyf minute se ry – 
van die afdraai vanuit Grahamweg by die Bronberg Lodge. 

Dis ‘n suksesvolle en veilige leefstyl-landgoed gebou in vyf voorgeskrewe argitektoniese style,  met ‘n rustige plaas-atmosfeer en gevorderde sportgeriewe soos tennisbane, ‘n gym en verhitte  onderdak-swembad. 

Perdry is gewild en die erwe van ‘n duisend vierkante meter elk beslaan minder as 15% van die 200 hektaar landgoed waar ‘n verkeidenheid wildsbokke ‘n buitengewone bekoring tot die vreedsame landelike milieu bydra . 

‘n Piekniekterrein op die dam van sowat 20 hektaar in die Pienaarsrivier is ‘n paradys  vir swem en hengel waar voëllewe elke dag gesien kan word. 

Met sy ongeëwenaarde natuurskoon, sekuriteit en gerieflike ligging naby die stad, is Waterlake Farm dié plek om te bly.  

Adres:Pretoria, Gauteng
Kontaknommer:083 258 5274
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site