By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Wawielpark Vakansieoord

Wawielpark Vakansieoord is op die Vrystaatse oewer van die Vaalrivier geleë, 30 kilo’s van Klerksdorp en 45 kilo’s van Potchefstroom af. 

Wawielpark bied ‘n verskeidenheid vorme van gehalteverblyf vir enkelpersone, paartjies en gesinne, en die kampeerterrein beskik oor puik geriewe. Dagbesoekers en groepe is welkom.

Op die rivier vind ‘n wye reeks aktiwiteite plaas, soos hengel, kano-vaar en bootry. Wawielpark is ‘n kinderparadys met sy verhitte swembad, vier ander swembaddens, golwepoel, speelparke en die immergewilde Supertube.

In die mini-dieretuin kan leeus, tiere, springbokke en meer besigtig word, terwyl ‘n rit na die wildsplaas ook kamele, kameelperde,  wildebees, sebra, koedoe en ander bied. 

Die Deli/Cafeteria voorsien in alle basiese behoeftes, sowel as vleis van gehalte en wegneem-etes.  Wawielpark is die ideale wegbreekplek vir rus, ontspanning en opwinding! 
Adres:Vaalrivier, Vrystaat
Kontaknommer:018 441 1093
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site