By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Weltevrede Leeuplaas

Langs die R57, 25 kilometer buite Heilbron, is die Weltevrede Leeuplaas. Die familieplaas was eers ‘n gewone saaiplaas maar vanweë diefstal en droogtes is daar oorgeslaan na wild. Die leeus en ander diere het later bygekom as gevolg van ‘n liefde vir die diere.

Hier is unieke oornagfasiliteite vir 42 mense... Daar is ook ‘n restaurant en kroeg beskikbaar. En ‘n Saal vir troues asook ‘n lapa waar kleiner groepe kan kuier… en moenie van die heerlike swembad vergeet nie. 

Met meer as 14 spesies wilde diere en altyd vriendelike, deeglike diens is die Weltevrede Leeuplaas ‘n heerlike naweekwegbreek uit die gejaag van die stad.

’n Rehabilitasiesentrum vir aasvoëls word ook beplan – ja-nee – hier by die Weltevrede Leeuplaas, gaan alles oor liefde vir diere.
Adres:Heilbron
Kontaknommer:082 823 1038
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site