By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Zoete Rust Gastehuis

Die Zoete Rust Gastehuis, sentraal geleë in die hartjie van Lephalale, vergestalt hulle leuse - “A la bonne heure!”... Buitengewoon!

Zoete Rust bied nie slegs oornagverblyf nie.  Dit is hulle passie om gaste so tuis moontlik te laat voel. Hulle het ‘n 4-ster gradering, 18 luukse kamers en bedien smullekker driegang ontbyt- en aandetes.

Zoete Rust bied konferensiefasiliteite vir 15 tot 20 mense in ‘n intieme omgewing en met die oog op  privaatfunksies soos verjaarsdae, herdenkings, baba-, kombuis- en damestee’s,  hoef jy nie verder te soek nie. Spesiale aantrekpakkette vir bruide en matriekdanse word ook aangebied.

By Zoete Rust word jy uit jou sokkies uit bederf en behoorlik op die hande gedra, want die fokus is op detail. Hier arriveer jy as gas en vertrek as ‘n vriend. Hulle bied ʼn luukse, dog ontspanne atmosfeer in ‘n plattelandse omgewing.

Die Zoete Rust Gastehuis - bekostigbare luuksheid, waar elke individu se smaak en behoeftes ʼn prioriteit is.
Adres:Lephalale
Kontaknommer:072 313 4235
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site