By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Biltong Den

Die Biltong Den in Wolmaransstad is wyd bekend vir die volgehoue gehalte en kwaliteit van hulle produkte. Hier sit die eienaars hulle hart en siel in die besigheid sodat jy die verskil kan proe.

Biltong Den se produklys is indrukwekkend - geelvet biltong (droog en nat) in ‘n verskeidenheid van opsies soos chilli, peper en hunters biltong. Wildsbiltong soos kudu, gemsbok en blesbok. Droëwors, dik en dun, chillie droëwors en wildsdroëwors. Dan ook cabanossi, chillie bites, biltong-stokkies, skurwejantjies, ‘crackling’ en spekbiltong. Hulle het ook ‘n verskeidenheid lekkergoed soos fudge en klapperys, alles tuisgemaak.

Biltong Den Wolmaransstad streef om ‘n vriendelike diens te lewer en is trots op die personeel se behulpsaamheid en vrywilligheid om kliënte tevrede te stel.

Biltong Den Wolmaransstad – alles word met sorg handgemaak – ’n masjien kom nie naby hulle verwerkingsproses nie.
Kontaknommer:018 596 1398/083 236 0870
Copyright © Ontbytsake 2018 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site