By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Die Melkstal

Die Melkstal in Rustenburg is nou onder nuwe bestuur. Dis ‘n plek van lekker saamkuier en ontspan in ‘n huislike atmosfeer waar goeie kos die goeie geselskap aanvul.  Dit is dus ‘n spanpoging van saamwees lekker maak tussen die bestuur en die kliënte. 

Die grootste produk wat die Melkstal lewer is “samesyn”. ‘n Wegbreek van die daaglikse moeisaamheid wat die hedendaagse lewe bring. Hier word gaste teruggevoer na dae van sorgelose saamwees.

Onnodig om te sê... die koffie en die kos is uit die boonste rakke en kliënte kom weer en weer terug. Kliënte word vriende.  Wat is dan lekkerder om goeie kos saam met goeie vriende te geniet?

Die Melkstal – as jy hulle nog nie besoek het nie, is jy besig om iets heerlik te mis.
Adres:Oorkant Laerskool Vastrap, Kockstraat, Rustenburg
Kontaknommer:014 592 1333
Copyright © Ontbytsake 2018 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site