By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Die Stoep Restaurant

Agter die landdroskantore in Bronkhorstspruit is “Die Stoep Restaurant” geleë.. Kom geniet die ontspanne atmosfeer met “Die Stoep” se lekker huiskos. Alles word in hulle eie kombuis gemaak met net die beste produkte, volgens ouma se resepte. Die spyskaart maak voorsiening vir alle smake – van afval en bobotie tot biefstuk en seekos soos vars oesters, garnale en tongvis.

Op naweke tree kunstenaars in die kroeg op en die groot Lapa kan tot 80 mense akkomodeer vir enige funksie. Die Stoep Restaurant sal jou babatee of verjaarsdag sommer help reël ook.

Die Stoep is vir die familie en het ook ‘n heerlike, veilige speelplek vir die kleintjies. Hester du Toit en haar span maak van die plek ‘n huis weg van jou huis. Vir persoonlike vyfsterdiens teen bekostigbare pryse – Die Stoep Restaurant in Bronkhorstspruit – een keer ‘n Stoepsitter, altyd ‘n Stoepsitter!
Adres:Bronkhorstspruit
Kontaknommer:013 932 5101
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site