By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Die Weskus Spens Padstal

Die Weskus Spens padstal is geleë langs die R27 / Weskuspad sowat tien kilo’s van Vredenburg en 20 kilo’s duskant Velddrif, 120 kilometer van Kaapstad.

Hulle bak hulle wêreldbekende plaasbrood daagliks en jy sal egte boerekos, soos ouma dit gemaak het, kan geniet voor die houtstoof of om weg te neem. 

Hulle het altyd plaaslike heuning, tuisgemaakte konfyte, plaasbotter, handgemaakte produkte en egte Weskus-kitch. 
Hulle is heeljaar oop van 7:30 tot 5:30. 
Kontaknommer:022 715 4400
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site