By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Farmhouse Deli & Store

So 10 kilometer buite Tsumeb op die pad na Etosha en Oshivello, is die ‘Farmhouse Deli and Store’ – ’n ware oase op jou pad. Dit het sopas, op 26 Augustus, oopgemaak.

Eerstens is hier ’n volledige diensstasie. Met sy vriendelike personeel staan hulle reg vir jou petrol of diesel hervulling en sal jou graag bystaan met enige probleem...

Die OK kruidenierswinkel bied baie warm-gereed etes, tuisgebak en verskeie unieke handgemaakte produkte. Natuurlik kan jy dit as wegneem-etes gryp as jy haastig is, maar hier moet jy nie haastig wees nie...

Kom geniet net die ontspanne atmosfeer. Hier is heerlike kuierplek met ’n kroeg, TV, braaigeriewe en ’n tradisionele pizza oond.

En oorslaap is ook geen probleem nie. Hier kan jy heerlike oornag akkomodasie in die ou trein kry, wat spesiaal uitgerus is om moeë reisigers alles te gee wat hulle sou wou hê...

William en Thea Bosch het hulle inspirasie gekry by die mooi padstalle in die Kaap en hier kan jy nou in die hartjie van Namibië, by ’n wynlandgoed padstal kom kuier en uitspan. Hulle het uit hul pad gegaan om ’n werklike oase te skep en alles wat ’n reisiger mag nodig kry op een plek bymekaar te bring.

Farmhouse Deli & Store se onthaalarea is natuurlik ook ideaal vir troues en funksies en die personeel sal jou bystaan met die reëlings en spyseniering, indien nodig.

En vir diegene wat nog meer tyd hier kan spandeer – hulle bied ook kookklasse, kunsklasse en masserings, hier aan...

Farmhouse Deli & Store – Petrol, diesel, etes, kuier en oorslaapplek – ’n ware oase.
Kontaknommer:00264 67 222 128
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site