By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Frozen Food Distributors

Frozen Food Distributors bestaan sedert 2006 en is gefokus op die verspreiding van diep bevrore produkte soos byvoorbeeld roomys en ander bevrore voedselprodukte. Hulle bedien die groothandel, kleinhandel, restaurante en hotelle in die Wes-Kaap en stoor ook bevrore produkte namens vervaardigers.

Frozen Food Distributors is `n eienaar gedrewe besigheid waar die term “handhawing van die koueketting” deeglik verstaan word. Alle produkte word hanteer, gestoor en afgelewer by sub-zero temperature van tussen minus 25 en minus 40 grade Celsius.

Hulle vloot van 20 afleweringsvoetuie se verkoelingsbakke is spesiaal ontwerp om sulke temperature te kan bereik en te behou vir die duur van die afleweringsproses. 

Frozen Food Distributors se stoorfasiliteit is toegerus met die nuutste gemotoriseerde rakke en verkoeling-stelsels. Noodkrag word verskaf om kliënte gemoedsrus te gee.

Frozen Food Distributors – hulle sal jou besigheid in die Wes-Kaap laat groei en jou handelsnaam uitbrei.
Kontaknommer:021 557 8660
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site