By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Fusionista Restaurant

Die Fusionista Restaurant in Rabiestraat, Fontainebleau, Randburg het in 2016 begin met unieke kwaliteit kos – ’n behoorlike fynproewers-paradys. 

Die Fusionista spyskaart is 'n kombinasie van Oosterse Cuisine uit verskeie lande, soos Kambodja, Viëtnam, Laos, Japan, China, Maleisië, Thailand, Singapoer en die Filippyne. Maar die geure van die Ooste word bedien met 'n effense “fusion twist”. Met dié perfek gemengde geure en natuurlike bestanddele subtiel gekombineer, skep hulle geregte met unieke smaak sensasies wat talm op die palet.
 
Terwyl jy wag vir jou ete kan jy jouself bederf met ’n kop-, nek- en rugmassering by jou tafel. Vra net die personeel oor jou gratis tafelmassering. 

Fusionista Restaurant – ’n samesmelting van heerlikhede uit die boonste rakke!
Kontaknommer:011 793 4796
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site