By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Herti Vleis

Herti in Boksburg, is oop weeksdae 8 tot 5 en Saterdae tot eenuur. Kom kyk gerus na die wye reeks produkte met ‘n weeklikse spesiale aanbod  - hou maar net die plaaslike koerant dop. 

Daar is werklik baie min fabrieks-afsetpunte soos hierdie, waar die publiek topgehalte Europese produkte teen bekostigbare pryse kan bekom. Dit sluit in, Bockwurst, Eisbein, Knackwurst of Bratwurst asook kwaliteit Hickory en Tradisionele Ham, egte Salami en Cervalat om maar ’n paar te noem. 

Herti gebruik ‘n natuurlike rookprogram met ingevoerde “Beach wood” en geen chemiese vloeistof rooknabootsings nie. Dis die hoogste tegnologie vir die beste kwaliteit produkte...

Herti produkte word vars voorberei om kwaliteit en raklewe te waarborg aan groot voedselverspreiders, groothandel-kettingwinkels, Franchise-groepe en die spyseniering- en Hotel-industrie.

Hulle gee om vir hulle personeel en kliënte en almal is soos een groot familie. 

Kom geniet ’n vars, krakerige ‘pork belly’ broodrolletjie hier by Herti.

Maak Herti jou een-stop-winkel vir die beste vleisprodukte in die land – net om die draai van Atlasweg by Topstraat 3, Boksburg. 
Kontaknommer:011 894 7024
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site