By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Jakkalsvlei

So 50 km van Mosselbaai af op die R327 en 8 km buite Herbertsdale lê die plaas Jakkalsvlei, vernoem na al die jakkalse en rooikatte in dié pragtige omgewing.

Die Jakkalsvlei wingerd is al in die sestigerjare hier op die Tuinroete gevestig en vandag bestaan Jakkalsvlei se wynreeks uit 12 wyne waarvan 4 hulle eksklusiewe reeks uitmaak, onder andere die uitstekende ‘Lord Jackal’. 

Jakkalvlei spog verder ook met hulle eie twee boetiekbiere, ‘Jackal Lager’ en ‘Wolf Ale’. 

Die plaas het ‘n groot 250 sitplek restaurant, wat daagliks oop is vir die publiek. Nou kan besoekers aan die tuinroete ook ‘n unieke wynplaas kom ervaar – iets wat nie algemeen in dié omgewing is nie.

Jakkalsvlei – hulle fokus is om jaar in en jaar uit  kwaliteit, vrug-gedrewe wyne te maak.
Tipe Besigheid:Wynplaas
Copyright © Ontbytsake 2019 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site