By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Liquor Family

Die “Liquor Family” winkel in die “Randsave” sentrum in Witbank is die sesde winkel van die nuwe groep. Hulle het soos ‘n familie begin groei - daarom is besluit om ‘n “Liquor Family” konsessie op die been te bring en die ander takke in Nigel,  Bronkhorstspruit, Secunda en Middelburg  is daarby ingelyf.

Hulle verkoop alles en nog meer – tot ‘n groot verskeidenheid duur seldsame ingevoerde Sjampanjes, Cognakke, Whiskeys en allerlei ander alkoholiese drankies.

Die Liquor Family groep lê klem op vriendelike diens en verleen graag hulp met privaat en korporatiewe funksies. Hulle gee voorstelle van watter soorte dranke bedien kan word en die moontlike hoeveelheid wat benodig kan word. Verder hanteer hulle ook alle aflewerings.

Liquor Family nooi graag ander bottelstore uit om by hulle vriendelike, diensgewende groep aan te sluit. Hulle verstaan die bedryf en haal die kopseer uit die bestuur van jou saak. Kontak hulle gerus.
Adres:Witbank
Kontaknommer:013 656 4738
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site