By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Miss Grace Country Food House

Miss Grace Country Food House in Kliprivierweg, Eikenhof, suid van Johannesburg, is ‘n geheime juweel van smaaklike cuisine met ‘n uitsonderlike atmosfeer. 

Dié tuin-restaurant in ‘n rustige landelike omgewing bied heerlike disse, omring deur skilderagtige tuine en kleurryke voëllewe.

Miss Grace is die ideale plek om met lekker kos, koffie, skemerkelkies en tuisgebakte lekkernye te ontspan, terwyl die kleingoed op die speelgrond baljaar. 

Troeteldiere word by Miss Grace met ope arms verwelkom, en die restaurant het ‘n kragopwekker sodat gaste nooit in die duister gelaat word nie. 

Thornbirds op dieselde terrein bied akkommodasie en fasiliteite vir bruilofte, funksies en konferensies. 

Oor naweke word daar soms blomme, plante, vars plaasprodukte, brood en konfyt verkoop, en Miss Grace beskik ook oor ‘n eksklusiewe teetuin. 

Besoek Miss Grace vir ‘n werklik onvergeetlike ervaring. 
Kontaknommer:011 948 6001
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site