By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Moss & Maple Padstal en Restaurant

Moss & Maple Padstal en Restaurant, langs die N2 tussen Plettenbergbaai en The Crags, bied jou ‘n unieke eenstop plaasstyl-inkopie-ervaring. 

Kom geniet ‘n onvergeetlike kuier in ‘n skilderagtige omgewing, met ‘n veilige speel-area vir die kleinspan sodat Pa en Ma bietjie kan ontspan. 

Die Restaurant bied ‘n verskeidenheid disse, van ‘n smullekker plaasontbyt met vars tuisgebakte brood tot pizzas uit die hout-oond, sowel as ‘n heerlike reeks koek en ander lekkernye. 

Terwyl Pa die “Craft Beer” op die proef stel, kan Ma kies en keur in die padstal met sy wye reeks plaaslike produkte, handgemaakte geskenke, en die nuutste-neiging tuisversierings! 

Dis ideaal vir funksies, met sitplek vir 170 gaste, en ‘n gerieflike parkeerterrein. 

Moss & Maple Padstal is dierevriendelik, en elke Sondag is daar ‘n plaasmark met unieke produkte in ‘n vrolike atmosfeer met “live” musiek.
Kontaknommer:044 534 8362
Copyright © Ontbytsake 2021 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site