By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Onse Mense

‘Onse Mense’ is ‘n aanlyn voedsel-besigheid wat produkte lewer aan huishoudings, hotelle en restourante.

Die produkte kom van klein tot medium vervaardigers soos die hoogste gradering vleis van uitvoer-voerkrale. Hulle verouder self en verpak volgens kliëntbehoeftes. Dan het hulle ook groente, kaas, gebak, ingelegte produkte, jogurts, melk, neute, biltong en vele meer... 

Dis vars, kwaliteit produkte soos by ‘n tuisnywerheid en geen kommersiële produkte word deur ‘Onse Mense’ verkoop nie.

Elke verskaffer ondergaan ‘n higiëne inspeksie en aangesien hulle aan 5-ster hotelle voorsien, kan jy verseker wees van prima vars en organiese produkte wat op dieselfde dag afgelewer word.

Kostes word so laag as moontlik gehou omdat die middelman uitgeskakel word. Dis eg Suid-Afrikaanse privaat ondernemings wat saamstaan om produkte te bemark – daarom die naam...

‘Onse Mense’ – gekeurde, hoogstaande kwaliteit voedselprodukte – 5-ster gehalte teen sakpaspryse!
Kontaknommer:012 804 6760
Copyright © Ontbytsake 2021 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site