By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Ouma Rooi Koeksisters

Ouma Rooi Koeksisters het in Ermelo begin en dié koeksisters smaak soos koeksisters moet smaak! Gerda was immers die wenner van die nasionale Huletts Koeksisterkompetisie van 2014.

Hierdie goudbruin, brosgebraaide, tradisionele koeksisters, met fyn binne-tekstuur en propvol stroop, word nou op grootskaal daagliks in Ermelo en Kaapstad gebak.

Ouma Rooi Koeksisters is ten volle handgemaak en daar word geen geursels of preserveermiddels bygevoeg nie. Elke mengsel word met vars olie gebak en net die beste bestanddele word gebruik.
Kontaknommer:082 805 2255
Copyright © Ontbytsake 2020 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site