By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Pachas Restaurant

Pachas Restaurant in “The Club”, Pretoria, fokus op persoonlike diens en spesialiseer in vis- en biefstukgeregte, waarvoor verskeie toekennings al ontvang is.

Hier kry jy net gehalte kos en voortreflike diens in ’n warm, vriendelike atmosfeer. 

Pachas is onder dieselfde bestuur sedert 1985 met grootendeels dieselfde stafkomponent ook en daarom weet hulle presies wat hulle doen en hoe om dit te doen – met disse wat jou sal bekoor.

Pachas het onlangs verhuis na die nuwe perseel in “The Club” op die eerste vloer bokant “Woolies”. Besoek hulle gerus vir ‘n kulinêre ervaring wat jou – nes meeste van hulle kliënte – weer en weer sal laat terugkom.

Pachas Restaurant – hulle bied ook private sitplek vir daardie spesiale geleentheid, sake-etes en deftige aandetes.
Kontaknommer:012 460 5063
Copyright © Ontbytsake 2020 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site