By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Petits Fours Deli & Bistro

‘Petits Fours’ is Frans en beteken "klein oond". Die Petits Fours Deli & Bistro het sowat 12 jaar gelede klein begin as 'n koekwinkeltjie. Dit is sedertdien omskep in 'n sterk en gewilde handelsmerk. Hulle is bekend vir toewyding aan alles wat mooi is en is trots op die kwaliteit van hulle kos, ontwerperskoeke en puik diens.  

Petits Fours is ’n Europees-geïnspireërde Bistro styl-restaurant, koek-boetiek en spyseniering-spesialis. Hulle bied verskeie dienste soos, onder andere, spyseniering vir interne en eksterne geleenthede, unieke koeke volgens jou voorskrifte gebak, lekkergoedstasies, die Bistro restaurant en boonop wegneemdienste. 

Kliënte word altyd warm en vriendelik by Petit Fours verwelkom. Dit is die perfekte plek om die lewe se stoute genotjies in styl te kom geniet. Hulle toewyding is ongekend en die passie vir detail en hulle liefde vir kos, kan duidelik bespeur word in die smaak en voorkoms van alles wat bedien word.

Petits Fours – dis ’n smaaksensasie! Fantastiese kos geskep deur goeie mense, bedien met ’n tikkie Franse flair.  
Kontaknommer:083 376 2550
Copyright © Ontbytsake 2019 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site