By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Smitswinkel

In Langenhovenstraat, Oudtshoorn is die Smitswinkel, wat iets van alles bied. Dis ‘n plaaswinkel, ‘n wynkelder vir plaaslike wyne, ‘n restaurant en ‘n kroeg. Hier kan jy dus lekker kom kuier vir enige iets van plaaswinkelgoeters tot die beste kos of net ‘n koue bier.

Die Smitswinkel naam is gehou volgens die oorspronklike naam van die perseel. Die restaurant en kroeg is vernoem na die eienaar se dogter en seun, Harley en Jack en die motorfietse is bygevoeg om saam met die naam te gaan.

Smitswinkel bied ‘n unieke ervaring met ou motors, motorfietse, versamelstukke en boonop ‘n heerlike kinderspeelpark met plaasdiere. Hier stap jy terug in die verlede en geniet ook nog die beste kos en drankies wat in die omgewing aangebied word.

Kom ervaar die Smitswinkel atmosfeer – ‘n plaasomgewing met baie om te doen terwyl jy ontspan met goeie kos en wyn.
Adres:Oudtshoorn
Kontaknommer:060 759 9649
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site