By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Sorex Estate

Sorex Estate is ‘n dramatiese, sprokieskasteel geleë op 6 hektaar grond in Centurion. Omring met pragtige tuine skep dié kasteel die ideale plek vir, onder andere, ‘n droomtroue. 

Hier is 3 sale en ‘n kerkgebou. Die Kerk is enige bruid se droom met die lang paadjie, geskilderde mure, preekstoel en orrel en kan 350 mense akkomodeer. Die Kings Hall is geskik vir 450 tot 500 gaste. Queens Hall met sy buite-terras, huisves 120 tot 180 gaste wat uitkyk op ‘n woud en die Hennopsrivier. Die Prince Hall is geskik vir 50 tot 70 gaste.

Sorex Estate is trots op ‘n hoë standaard van diens en persoonlike aandag wat aan elke kliënt gegee word. Kom geniet hierdie warm en ontspanne atmosfeer by ‘n ware buitengewone landgoed.
Kontaknommer:072 689 2299
Copyright © Ontbytsake 2018 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site