By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

South Cape Breweries

South Cape Breweries het in 2012 hier in Mosselbaai hulle bedywighede begin. Dit is 'n klassieke voorbeeld van waar 'n stokperdjie ontwikkel het tot 'n besigheid - tot almal se voordeel.

Johann Baker en Jan van der Walt kon nie meer die ervaring en plesier net vir hulself hou nie. Hulle het besluit om dit te deel met Mosselbaai se gemeenskap en besoekers.

“Glenhoff” is South Cape Breweries se eie produk en is tans beskikbaar in 2 variante – 
Glenhoff Draught, 
En Glenhoff Lager Lite, – wat nou ook in bottels beskikbaar is. 
Nog nuwe produklyne volg binnekort. Verder  doen hulle ook kontrakbrou van verskeie ander handelsname.

Ons praat hier van ‘n top gehalte produk vol natuurlike bestanddele en sonder enige preserveermiddels. Glenhoff is 'n natuurlike bier gebrou volgens die “Reinheitsgebot” metode om suiwerheid, helderheid en uitnemendheid te verseker. Selfs die water wat gebruik word is gesuiwer.

South Cape Breweries en Glenhoff – ‘n sprekende voorbeeld van gehalte uit ‘n mikrobrouery.
Adres:Mosselbaai
Kontaknommer:083 251 8282
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site