By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Stookkoffie

Stookkoffie is ‘n topklas, huislike koffieroostery met atmosfeer soos min. Daar is selfs ‘n ou stoomenjin wat die gees van goeie koffie-brou net aanmoedig en jou herinner dat jy soms net tussen perronne op jou lewensreis, moet gaan sit en kuier met ‘n lekker koppie koffie.                                

Adam en Ewert het ‘n droom gehad om iets in Rustenburg te begin wat waarde toevoeg tot die samelewing en hulle het dit beslis reggekry.   

Hier kan jy kuier met puik koffies en eerlike, voedsame, lekker kos – eerlik, want alles word net van die beste bestanddele gemaak – Dis voedsel, nie net kos nie... 

Daar is min plekke waar heerlike koffie, smullekker kos en goeie atmosfeer bymekaarkom – Stookkoffie het dit alles!
Kontaknommer:014 000 4040
Copyright © Ontbytsake 2021 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site