By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Swagga Breweries

In 2013 het drie vriende, na ‘n funksie in Kaapstad by die een se vakansiehuis gekuier en bier gedrink.  Een vriend het op ‘n stadium gevra:  “Waarom moet ons altyd bier koop? Kom ons begin ons eie bier brou”. Die volgende week het hulle toerusting van oorsee bestel en so het Swagga Breweries tot stand gekom.

Vandag, nadat die vennote ‘n aansienlike bedrag geld belê het om die broukuns te bemeester, is Swagga een van die Gewildste Premium-Bierprodusente in die land.

Swagga kan slegs beskryf word as ’n absolute premium bier. Dit is uitsonderlike kwaliteit met ’n unieke vars smaak.

Die brouproses wat gevolg word verseker konsekwente varsheid met kwaliteit wat skaars is. Die bier word tydens die brouproses met moeite en liefde vertroetel en die resultaat is die populêre heerlike smaak.

Swagga Breweries – Trots Suid-Afrikaans en gebrou met die beste grondstowwe.
Kontaknommer:011 864 5056
Copyright © Ontbytsake 2018 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site