By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

The Little Church And Little Church Tea Garden

The Little Church And Little Church Tea Garden  in Van Reenen, aan die bopunt van Van Reenenspas digby die N3, bied smaaklike tuisgemaakte etes in ‘n rustige omgewing met asemrowende uitsigte. 

The Little Church Tea Garden is elke dag oop van 8 vm tot 4 nm en bedien ontbyt, middagete en middagtee met ‘n verskeidenheid gebak - ook hulle beroemde skons - met room en konfyt. Op Sondae word ‘n tradisionele gereg van lamsvleis of plaashoender bedien. 

Vinnige en doeltreffende diens deur vriendelike personeel word gewaarborg. 

Die geskenkwinkeltjie bied ‘n heerlike verskeidenheid peuselhappies, lekkers en konfyt, plus geskenke en aandenkings. 

Sy pragtige ligging, gebou en reeks aanbiedings, sowel as die persoonlike diens by die teetuin, skep ‘n sonderlinge atmosfeer, sodat besoekers verfris en ontspanne voel om hul reis te hervat.

Loer dus gerus in vir ‘n happie en ‘n blaaskans by The Little Church Tea Garden. 
Kontaknommer:072 156 1401
Copyright © Ontbytsake 2018 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site