By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Uitkyk vleis- en supermark

Uitkyk vleis- en supermark bied meer as  vleis. Dit bied ook ‘n bakkery, Deli, kruideniersware afdeling, spitbraaiverhuring, vars groente en vrugte vir eenstop inkopie-gerief. Uitkyk is oop van Maandag tot Saterdag van 5 soggens tot 7 saans.  Hier kry jy persoonlike diens gelewer deur 20 blokmanne, wye spasie tussen rakke, 26 kasregisters en genoegsame parkering. Die Bakkery bied buiten brood en rolletjies ook bottercroisante, paninis, potbrood en mosbolletjies of bederf jouself met Swartwoud koek, melktert en koeksisters. En die Deli berei daagliks ontbyt, middagete en aandetes voor – van vis en skyfies tot lekker boerekos. Vrugte en groente word daagliks aangekoop en bewerkte groente sonder bymiddels asook kruie en slaaiplante is beskikbaar. Die kruideniersware afdeling bied ook produkte vir “banters”, gluten intoleransie en diabetes – met ander woorde, iets vir almal! Besoek Uitkyk se webtuiste vir weeklikse spesiale aanbiedinge, en vele meer.
Adres:Pretoria, Gauteng
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site