By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Vinpro

Die wynbedryfliggaam Vinpro verteenwoordig 2 500 Suid-Afrikaanse wyndruifprodusente, kelders en wynverwante besighede. Die organisasie bied strategiese rigting, lewer gespesialiseerde dienste en ondersteun die ontwikkeling van mense in die bedryf.

Vinpro is ʼn nie-winsmaatskappy wat sowat 2 500 Suid-Afrikaanse wyndruifprodusente, kelders en wynverwante besighede verteenwoordig. Die organisasie werk nou saam met die Regering en bedryfsrolspelers om kwessies aan te spreek wat ʼn effek op die winsgewendheid en volhoubaarheid van sy lede en die bedryf het, insluitend wyntoerisme, aksyns, wetgewing, vryhandelsooreenkomste en etiese handel.

Die organisasie hou die bedryf en breër publiek op hoogte van die nuutste tendense, verwikkelinge en tegniese kundigheid in die wynbedryf en lewer gespesialiseerde dienste en advies van grondkunde tot wingerdkunde, landbou-ekonomie, transformasie en ontwikkeling. Die filiaal Vititec is ʼn leier in die verbetering en vermeerdering van wingerdplantmateriaal en sowat 70% van die SA wyndruifoes word deur die filiaal WineMS se inligtingsbestuursagteware vasgevang.

Copyright © Ontbytsake 2018 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site