By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Weiveld

Weiveld is Pretoria se nuutste, grootste en beste langarm naweekkuierplek. Ontdek Weiveld by Bronberg Landgoed, hoek van Graham- en Boschkopweg, Zwavelpoort, Pretoria-Oos. 

Toegang by Weiveld is slegs R50 elke Vrydag- en Saterdagaand van sewe-uur af, vir die lekkerste paartie in die land. 

Weiveld se ruim interieur en skitterende klank word deur twee reuse TV-skerms aangevul vir meer feestelikheid, waar Afrikaans en dans groot is. 

Kunstenaars tree van tyd tot tyd by Weiveld op en kaartjies vir hierdie geleenthede is by die deur beskikbaar, en by groottickets.co.za .

Weiveld se ouderdomsperk is 18 jaar en die drag is netjies gemaklik, wat netjiese kortbroeke en sandale insluit. Daar’s altyd iets te ete of jy kan by Bronberg Landgoed se restaurant eet of ‘n wegneem-ete bestel. 
Weiveld is beskikbaar vir funksies Maandag tot Donderdag.  Kontak hulle by die foonnommer of e-pos op die skerm. 

Weiveld – die nuwe kuierplek van die Afrikaanse Musiekwêreld – daar’s geen gelyke nie.
Adres:Pretoria, Gauteng
Kontaknommer:071 471 6698
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site