By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Adara Beauty Clinic

Adara beteken: Skoonheid , Edelheid en Reinheid - die eeu oue beskrywing van ‘n vrou. Adara is 'n skoonheidskliniek waar alle dames gemaklik en bederf kan voel, in hul tuisdorp, Vanderbijlpark.

Hulle reputasie is gebou op klinies getoetste velsorgprodukte vir uitstaande resultate, professionele kliëntesorg en ‘n rustige atmosfeer. Dis ‘n ondervinding wat die liggaam, verstand en siel voed. ‘n Verskeidenheid behandelings word uitgevoer deur gekwalifiseerde terapeute. Daniella se persoonlike passie is velsorg en daarom bied sy behandelings met top kwaliteit produkte soos “Nimue skin technology” en “Ph Formula Skin Resurfacing” aan. Sy gebruik “Matsimela Home Spa” vir aromatiese massering en  “Bio Sculpture gel” en “Evo oxygenating gel” vir die kreatiewe naels waarmee haar kliënte spog.

Hier kan jy kom ontspan en herlaai. Jy kan ook merkbare en langdurige resultate verwag. 

Adara Beauty Clinic – hulle bevry die innerlike skoonheid met professionele kennis en uitstaande diens.
Kontaknommer:016 932 4131 / 079 517 2240
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site