By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Advanced East Daghospitaal

Advanced East Daghospitaal in Boksburg is Advanced Health se nuutste fasiliteit. Die personeel en mediese praktisyns hier, is almal toegewyd aan die welstand en gemak van elke pasiënt.

Met drie teaters en 33 beddens bied hulle 'n wye verskeidenheid dissiplines soos ortopedie, algemene chirurgie, urologie, ginekologie, tandheelkunde, kaak en mond, oor-, neus- en keel sjirurgie en nog vele meer. 

Verdere voordele is die lae infeksie risiko, deeglike sterilisasie van alle instrumente, pynvrye prosedures onder algemene narkose, professionele personeel wat voortdurend toesig hou, ‘n kindervriendelike omgewing en operasies deur gespesialiseerde dokters. Verder word alle mediese fondse aanvaar en betalingsreëlings vir privaatpasiënte kan getref word.

Advanced Health – die grootste daghospitaal groep in die land – jou sorg hier is in die beste hande.
Kontaknommer:010 534 6321
Copyright © Ontbytsake 2020 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site