By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Bio Sculpture Gel

Bio Sculpture Gel is ‘n gesogte Internasionale Produktelyn. Hierdie Oorspronklike Permanente Naelkleur vir hande en voete word in Suid-Afrika vervaardig.

Bio Sculpture en Evo Base-gel word aan naels gewend om dit te beskerm, te versterk en selfs te verleng. Elke laag gel word vir 30 sekondes onder Ultra Violetlig gekuur.  Kleure is stabiel en hou vir 3 tot 4 weke en sal nie afskilfer nie - en daar is meer as 300 kleure om van te kies. 

Bio Sculpture roem hulself op gesonde naelsorg, maar dit is MODE en KLEUR wat vroue opgewonde maak.  Spesialiste in modetendense word geraadpleeg om kleure, teksture, spesiale effekte, sowel as die gevoel en tema vir die komende seisoenreeks te bespreek voordat kleure vervaardig word. 

Kleure word op klein skaal geformuleer en ondergaan 'n reeks stabiliteittoetse. 

Goedgekeurde produk word in grootmaat vervaardig. 

Bio Sculpture en Evo produkte word in verskillende houers volgemaak, kry ‘n naam- en kleur-etiket, asook ‘n naspeurbare lotkode, en word verpak, gereed om verskeep te word. 

Bio Sculpture speel vir die afgelope 30 jaar 'n leidende rol in Naelsorg en bied ‘n  uitstekende geleentheid vir voornemende entrepreneurs en terapeute om hul eie onderneming te begin. 

Intense opleiding van hoë gehalte word in verskeie Opleidingsentrums aangebied waarna studente Internasionaal erkende Sertifikasie ontvang. 

Bio Sculpture spog met vele Toekennings.

Word deel van die SUKSES.
Kontaknommer:051 943 0377
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site