By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Brooklyn Optica

Brooklyn Optica is nou in die opwindende nuwe “Club” ontwikkelling in Hazelwood, Pretoria. Oor die afgelope 38 jaar het hulle gegroei tot die unieke en moderne praktyk met selfs hulle eie bril-lens laboratorium.

Hier kry jy professionele konsultasies deur ervare oogkundiges wat almal meer as 20 jaar al praktiseer. Die nuutste tegnologie word gebruik vir gespesialiseerde visuele ondersoeke - skandering vir oogpatologie en fundus fotografie om jou voorskrif 100% te verfyn.

Optikuste bespreek dan die tipe lens wat die beste vir jou lewensstyl is en help jou om die perfekte raam te kies uit hulle wye verskeidenheid van meer as 2000 rame van Europese ontwerpershuise. Rame is kosmeties en modieus,  sowel as 100% korrek en opties geskik vir jou voorskif. Brooklyn Optica pas ook gespesialiseerde kontaklense, wat sklerale- en harde lense insluit.

Brooklyn Optica – Elke bril word individueel gepas en lense word noukeurig nagegaan vir perfekte kwaliteitbeheer.  Alles word ook in detail verduidelik om 100% tevredenheid te verseker.
Kontaknommer:012 346 2413
Copyright © Ontbytsake 2020 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site