By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Busamed Harrismith Privaat Hospitaal

Busamed Harrismith Privaat Hospitaal is gerieflik geleë in Harrismith en maklik toeganklik vanaf die N3 tussen Johannesburg en Durban. 

Busamed Harrismith Privaat Hospitaal is ‘n 120-bed akute hospitaal wat met trots die beste kliniese uitkomste bied, gerugsteun deur geïntegreerde stelsels. 

Die hospitaal spog met gevorderde tegnologie, die eerste in sy soort op Harrismith, en bied ‘n omvattende reeks primêre, sekondêre en tersiêre mediese sorg sowel as 24-uur nooddienste deur ervare spesialiste. 

Busamed Harrismith is een van sewe hospitale in die Busamed Groep, naamlik  Gateway in Umhlanga; Paardevlei in Somerset-Wes; Bram Fischer in Bloemfontein, Modderfontein in Johannesburg; Hillcrest in Durban en Lowveld in Nelspruit. 

Die naam Busamed kom van ‘Busa-‘ wat ‘lei’ beteken en die Busamed Groep gee leiding as een van die snelgroeiendste hospitaalgroepe in Afrika suid van die Sahara.
Kontaknommer:058 624 3000
Copyright © Ontbytsake 2018 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site