By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Caritas Gemeenskapsfokus

Caritas is die Latyn vir liefde, omgee en deernis. Caritas Gemeenskapsfokus streef na die heling van die mens in sy gemeenskap. Die organisasie het ontstaan onder die vaandel van die NG Kerk en is gevestig op die terrein van die ou Kestell Kinderhuis in Kimberley, wat al sedert 1891 bestaan.

Caritas Gemeenskapsfokus is ‘n nie-winsgewende maatskappy wat fokus op die hele gemeenskap waar almal welkom is. By hulle Terapiesentrum word ‘n professionele terapeutiese diens gelewer deur ‘n multi-dissiplinêre span.

Hier is ‘n psigiater, sielkundiges, psigometris, spraakterapeut, mediator, forensiese maatskaplike werker en ‘n geregistreerde berader.

Terapie word gedoen met gesinne, kinders en volwassenes met fokus op trauma en verlies-hantering. Hulle opleidingseenheid bied  kursusse vir professionele persone asook selfverrykingskursusse vir ouers, egpare en indivdue. Op die terrein is ook ‘n moderne konferensie- en akkommodasie fasiliteit.

Caritas Gemeenskapsfokus – ‘n verstaan- en heelmaakplek - die enigste van sy soort in die Noord-Kaap.
Adres:Kimberley
Kontaknommer:087 150 5041/3
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site