By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Dr Marika van Lelyveld

Gholfweg nommer 49 in Drie Riviere, Vereeniging is die tuiste van Dr. Marika van Lelyveld – wat nou al 10 jaar lank haar eie estetiese mediese praktyk bestuur, waar gekonsentreer word op geintegreerde funksionele medisyne.

Voor sy die praktyk begin het was sy nege  jaar lank hoof van trauma eenhede in Johannesburg, met ander woorde – hier is ’n dokter wat haar storie ken... Voorkomende medisyne is die vroeë diagnose, voorkoming en omkeer van ouderdomsverwante siektes. Hormonale evaluasie en nutrisionele optimalisering, herstel pasiënte na optimale gesondheid.

Dr. van Lelyveld en haar span konsentreer sterk op die behoeftes van elke pasiënt en om hulle kwaliteit van lewe te verbeter. Buiten haar mediese kwalifikasie het sy boonop ’n Honneursgraad in Farmakologie, ’n MBA graad, en het ook verdere studies in  Funksionele medisyne voltooi. Die Terapeute in haar span spog ook met uitmuntende opleiding en het internasionale ervaring.

Dr. Marika van Lelyveld en haar span bied juis so ‘n omvattende evaluasie en volledige behandelingsplan vir elke pasient. Selluliet word byvoorbeeld met “Shockwave”-, “Trilipo”- en “Accent” lasers behandel. Maar lae testosteroon as gevolg van voorbehoedingspille, kan ook die kondisie veroorsaak, en moet dus aangespreek word. 

Deeglike gesigvel-anilise word ook by die praktyk gedoen met behulp van die “VISIA”, waarna hulle ’n nommerpas behandelingsplan voorstel. Behandelings sluit in onder andere die DERMAPEN Chemiese afskilferings asook radio-frekwensie en laser behandelings.

Besoek gerus hulle webwerf of Facebookblad vir verdere inligting.
Kontaknommer:016 454 9043
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site