By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Equra Health

Equra Health is ‘n geakkrediteerde lid van die  Independent Clinical Oncology netwerk en die grootste verskaffer van bestralingsterapie in Suid-Afrika. Die nuwe eenheid op Krugersdorp is hulle 26ste eenheid in die land.  Equra Health bied gehalte kankersorg deur middel van gevorderde tegnologie en behandeling van hoogstaande gehalte. 

Hulle  voorsien ‘n volledige ondersteuningsdiens wat insluit die installering van toerusting, die sertifisering in lyn met die Departement van Gesondheid se streng regulasies, en dan ook die deurlopende onderhoud van die lineêre versnellers deur ‘n toegewyde span Equra Health versneller-ingenieurs.

Hulle plaas ‘n hoë premie op die kwaliteit-opleiding van personeel om te verseker dat behandeling ook puik persoonlike ondersteuning aan pasiënte bied.   Hulle voetspoor van 26 eenhede in agt provinsies plaas Equra in die gunstige posisie om bestralingsterapie meer toeganklik te maak. Equra Health is ook die grootste privaatsektor werkgewer van bestralingsfisici  en radioterapeute in die land. 
Adres:Krugersdorp
Kontaknommer:010 900 4765
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site