By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Fertilité Sentrum

By die Wilgeheuwel hospitaal in Honeydew, Johannesburg is die Fertilité Sentrum vir vroue wat al vir meer as 50 jaar, dames van alle ouderdomme versorg.

Voorheen bekend as Gynomed, is Fertilité vandag bekend as een van die leiers op die gebied van infertiliteit – ’n probleem wat baie meer voorkom as wat meeste mense sou dink. ’n Groot persentasie van paartjies sukkel daarmee. 

Voorkoming is deesdae die wagwoord in gesondheidsdienste en Fertilité se ginekologiese dienste is ’n toonbeeld daarvan. Nuwe diagnostiese metodes en pro-aktiewe voorkomende behandeling, sit nie net jare by ’n vrou se lewe nie, maar sit ook lewe in daardie jare.

Fertilité se Obstetriese afdeling is daar vir jou hele swangerskapsiklus met al die nodige tegnologie en spesialiste vir enige gebeurlikheid. 

Fertilité – besoek hulle gerus.
Adres:Wilgeheuwel, Roodepoort
Kontaknommer:011 796 1100
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site