By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Hyto Tyto

Hyto Tyto is 'n kinderspeelpark en eetplek in Midstream Estate, suid van Centurion. 

Hier is talle binne- en buitemuurse aktiwiteite vir 0 tot 13-jariges. 

Dit sluit in 'n binnenshuise doolhof, kleuterarea, foefie slide, BMX baan, die feetjietuin en nog soveel meer.

Dit is 'n kinderspeelpark wat ook vir die ouers voorsiening maak. Jy kan by die restaurant ontspan met 'n lekker ‘platter’ en 'n craft bier of ’n glas wyn. 

Die naam Hyto en Tyto verwys na die twee karakters van die grasuil en sy hondemaatjie. Tyto is terloops, die wetenskaplike naam vir ’n grasuil. 

Moenie vergeet van die fontein, die springberg, kaskar-ritte, die brug... en volledige partytjietariewe en pakkette nie.

Hyto Tyto – Dis eenvoudig ’n kinderspeel-paradys. 
Kontaknommer:012 942 1392
Copyright © Ontbytsake 2019 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site