By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Johannesburgse Ooghospitaal

Die Lasersentrum by die Johannesburgse Ooghospitaal, is 'n toegewyde oftalmiese chirurgiese sentrum, waar 'n omvattende reeks prosedures gedoen word deur hulle span oftalmiese chirurge. Die hospitaal is geleë in Beyers Naudé-rylaan in Northcliff, Johannesburg, digby Cresta en oorkant die Verdi winkelsentrum. 

Laserprosedures wat by die sentrum gedoen word, sluit in verskeie soorte refraktiewe chirurgie soos laservisie-korreksie en korneale kruis-koppelling. Die pasiënt kan verwag om 'n regstelling van verskeie oogprobleme soos bysiendheid, versiendheid, a-stigmatisme en presbiopie na sulke moderne refraktiewe chirurgie te verkry.

Die Lasersentrum bied al vier betroubare laserprosedures – Trans-PRK, mikrokeratoom-Lasik, Femto-lasik en ‘Smile’ - alles onder een dak. 

‘Smile’ is 'n nuwe minimaal ingrypende tegniek wat heelwat voordele in vergelyking met ander laserkorreksie-prosedures het. 

Terwyl ander prosedures die sny van 'n flap met behulp van ‘n laser om korneale weefsel te verwyder behels, maak ‘Smile’ gebruik van die VisuMax hoë-presisie femtosekonde laser, om 'n lentikulêre toegangsnit in die ongeskonde kornea te doen in een enkele stap. 

Sodra die lentikul verwyder is, word die vorm van die kornea verander en die gewenste refraksie bereik. 

Die Lasersentrum sal alles doen om te verseker dat jou besoek so gemaklik en ontspanne as moontlik is. Hulle verpleegpersoneel is verbind tot buitengewone persoonlike sorg en hulle verstaan die kommer wat jy mag hê. Hulle waardeer ook hoe belangrik dit is om jou te voorsien met 'n volledige verduideliking van die proses en hulle gun jou die geleentheid om vrae te vra. 

Die Lasersentrum se top kwaliteit toerusting en personeel kom met die byvoordele van die Johannesburgse Oog Hospitaal. Daar is voldoende parkering met volledige sekuriteit. Verder is daar die Oasis Koffiekroeg waar jou vriende of familie kan ontspan.

Kontak gerus die Johannesburg Oog Hospitaal se Lasersentrum vir meer inligting.
Kontaknommer:011 782 1080
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site