By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Kilnerpark Daghospitaal

Kilnerpark Daghospitaal is daar vir dagprosedures soos wat uitgevoer word deur Tandartse, Kaak- en Mondchirurge, Periodontiste asook Algemene Praktisyns en -Chirurge.

Die veilige omgewing van die daghospitaal se teaters met narkotiseurs is natuurlik ook aansienlik goedkoper as gewone hospitale. 

Kilnerpark Daghospitaal lewer die hoogste kwaliteit professionele diens en bied ruim afslag op alle mediese fonds bybetalings. Daar is geen ekstra fooie vir saterdag teatertye nie en jou opname en ontslagtye word vooraf beplan.

Die kliniek is maklik toegangklik langs die N1 snelweg in Pretoria en handhaaf na 34 jaar steeds die besondere reputasie as die voorkeur-daghospitaal in die Moot area. Hulle hanteer ook vele pasiënte van ander areas in en om Pretoria.

Kilnerpark Daghospitaal – pasiënte en dokters is welkom om hulle te skakel vir kwotasies.
Copyright © Ontbytsake 2020 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site