By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

KimMed Privaat Hospitaal

KimMed Privaat Hospitaal is die eerste volwaardige Mediese Sub-akute Privaat Hospitaal in Kimberley en die Noord-Kaap. Die huis langsaan wat nou as kantore gebruik word, is deel van Kimberley se ou historiese geboue. Willie Wiid het die idee en visie gehad om die gebou te omskep in ‘n Privaat Hospitaal wat vandag al drie jaar in gebruik is.

KimMed lewer ’n absoluut essensiële diens aan Kimberley en sy omgewing – al verskil met ’n normale hospitaal is dat hier geen teaters of intensiewe sorg eenhede is nie. Pasiënte word in ‘n huislike atmosfeer behandel deur deeglik opgeleide verpleegpersoneel. KimMed bied elektriese beddens, platskerm TV’s, ‘n inhuis chef en vele ander voordele, teen baie bekostigbare tariewe. 

Die fasiliteit is geregistreer by die Departement van Gesondheid van die Noord-Kaap provinsie en is geakkrediteer by alle mediese hulpfondse deur die Raad van Gesondheidsorg. 

Kimmed bied jou  hoë gehalte sorg in ‘n luukse omgewing met 'n warm, vriendelike en omgee atmosfeer. By Kimmed word alles moontlik gedoen om te sorg vir ‘n veilige herstel van ‘n siekte of ‘n operasie. 

Vinnige en vriendelike diens dra soveel by tot vertroosting en herstel. KimMed neem die verantwoordelikheid om ernstig te sorg vir mense en tred te hou met die ontwikkeling van tegnologie en pasiëntbehoeftes. Dokters, terapeute en verpleegsters het almal spesiale vaardighede. Gevallebestuurders en ander gesondheidswerkers werk in samewerking met die pasiënt en sy of haar familie, om die beste behandeling vir die pasiënt te bepaal.  

'n Verskeidenheid van mediese, psigiatriese rehabilitatiewe en terapeutiese dienste word gelewer, onder andere, Wondsorg,  Onkologie, Post-chirurgiese herstel en terapie, bloedoortappings, Pynbeheer  en  ander noodsaaklike pasiënt versorging.

KimMed beskik ook oor ’n ten volle toegeruste prosedure kamer waar spesialiste klein prosedures uitvoer soos lumbale punksies.

Om alles af te rond word suksesvolle psigiatriese groeps terapie en ander programme aangebied in hulle eie privaat area. Hierdie sessies word gelei deur vooraanstaande psigiaters, sielkundiges, arbeidsterapeute, fisioterapeute, dieetkundiges en vele ander wat deel uitmaak van die suksesvolle behandeling van die pasient. 

Kortom – KimMed lewer ’n volronde diens, wat ookal jou probleem mag wees.

KimMed bied ook gratis vervoer aan pasiënte na ander spesialiste asook vir ander spesialiteits-ondersoeke by ander fasiliteite. Daarbenewens is daar ‘n voltydse Doktorspraktyk in KimMed se diagnostiese vleuel wat ook ’n sonar-praktyk en ander dienste insluit.

Ja-nee – dis tyd dat pasiënte besef daar is ‘n meer bekostigbare alternatief, sonder om in te boet op kwaliteit en professionaliteit

KimMed – die toekoms van mediese sorg.
Adres:Kimberley
Kontaknommer:053 807 7100
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site