By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Midvaal Privaat Hospitaal

Midvaal Privaat Hospitaal is is ’n onafhanklike privaat hospitaal in Drie Riviere, ’n uitbreiding van Vereeniging. Hulle gevorderde geriewe en toegewyde personeel verseker topgehalte diens aan alle pasiënte. 

Die Hospitaal beskik tans oor 134 beddens, vyf operasieteaters, ‘n 24 uur ongevalle eenheid wat gesien word as dié voorkeur beroerte-gereed eenheid in die Vaal Driehoek. Daar is ook ‘n kraameenheid, ‘n intensiewe sorg eenheid sowel as kardiologiese, algemene chirurgiese, ortopediese, pediatriese, mediese en dag-eenhede.

Midvaal Privaat Hospitaal het spesialisgeriewe in onder meer algemene chirurgie, ginekologie, interne medisyne, kardiologie, kardiotoraks chirurgie, neuro chirurgie en oor-, neus- en keel-chirurgie, ortopedie, pediatrie, urologie en verloskunde. 

Midvaal Privaat Hospitaal is die afgelope paar jaar deur Discovery aangewys as een van dieTop 20 hospitale in die land.
Kontaknommer:016 454 6000
Copyright © Ontbytsake 2019 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site