By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Rialette Gous Spraak-, Gehoor- en Balans praktyk

In die Meulmed Privaat Hospitaal is die Rialette Gous Spraak-, Gehoor- en Balans praktyk. Dis ‘n familiepraktyk waar Rialette saam met haar dogter, Marike Venter praktiseer.

As oudioloë fokus hulle op gehoor en balans assesserings. Balansversteurings veroorsaak dat mense val en hulsels beseer. Naarheid en duiseligheid is ook ‘n newe-effek. Motorongelukke en ander trauma van die kop, virale infeksies asook sekere medikasies, kan balansversteurings veroorsaak.

Hulle gebruik Computerised Dynamic Posturography, wat deur NASA ontwikkel is. Hierdie toerusting kan ‘n balansprobleem op ‘n funksionele manier kwantifiseer deur die drie sensoriese sisteme (somato-sensories, visueel en vestibulêr) te isoleer.

Rialette Gous Incorporated – net die beste. 
Kontaknommer:012 341 4450
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site