By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Rundu Privaat Hospitaal

Rundu Privaat Hospitaal bied omvattende gesondheidsdienste wat tot onlangs nie in die streek en die Kavango beskikbaar was nie. 

Nou bied Rundu Privaat Hospitaal selfs spesialisdienste en intensiewe sorg in die 40-bed fasiliteit vir die algemene publiek en toeriste in die kontrei, met buitepasiënte-; ongevalle-; radiologie-; tandheelkunde-; Kraam-; pediatrie- en teaterafdelings.

Afgesien van puik dokters en spesialiste, spog Rundu Privaat Hospitaal met die nuutste en beste tegnologie en diagnostiese toerusting om spesialis-gedrewe hospitaalsorg te kan verseker. 

Pasiënte se gemoedsrus kry voorkeur - van mediese konsultasies regdeur tot by lewensbedreigende situasies. Hulle volg ’n holistiese benadering tot gesondheidsorg met vriendelike professionele personeel.

Rundu Privaat Hospitaal – wêreldklas mediese sorg deur personeel wat werklik omgee.
Kontaknommer:+264 81 434 4004
Copyright © Ontbytsake 2018 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site