By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

The Medicine Shop

In George Storrar Rylaan, Groenkloof, Pretoria, is "The Medicine Shop" – ‘n kleinhandel apteek sedert 1997 en skeppers van die bekende "Groen Mamba" koliekmengsel.

Vandag is hulle die enigste apteek in Pretoria met ‘n 24-uur ‘vending’ masjien in die venster vir na-uurse noodmedikasie.

Professionele gekwalifiseerde aptekers en assistente resepteer medikasie teen mediese fonds tariewe (insluitend Discovery, Gems en Medihelp) nes kompeterende ketting apteke. Hulle help ook graag met enige akute en kroniese medikasie asook die verkryging van kroniese registrasies asook met oorvleulende newe-effek profiele. 

Reëlings kan getref word dat alles maandeliks by jou deur afgelewer word. Die puik en vriendelike diens strek nog verder met die verpakking van Dimensia en Alzheimer pasiënte se maandpakkette.

Besoek die kliniekafdeling vir Vitality Screening, immuniserings, inspuitings, cholesterol- en suikertoetse en vele meer. Sou jy ‘n unieke geskenk of vinnige ID of Paspoortfoto’s soek, kom die voorwinkel assistente tot jou redding.

The Medicine Shop – puik, vriendelike diens teen die beste pryse.
Kontaknommer:012 346 4317/8
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site