V-Comb
Die V-Comb is ‘n elektroniese luiskammetjie wat luise en hul eiers verwyder van hare en in ‘n filter vasvang, vir higiëniese verwydering. V-Comb sorg vir effektiewe verwydering van kopluise en eiers met die gemak van ‘n kam sonder enige skadelike chemikalieë.
Die V-Comb kan gebruik word om kopluis-infestasies te identifiseer en voorkom deur weekliks of maandeliks jou kinders se hare te kam en die filter te ondersoek vir luise of eiers, voordat dit kan voortplant.
Kopluise het nou al ’n weerstand teen meeste chemiese middels opgebou, maar met V-Comb, staan hulle nie ’n kans nie. Dis eenvoudig, dis gesond en dit werk!
Die V-Comb het in 2016 die Good Design Award gewen vir ontwerp en effektiwiteit in die verwydering van kopluise en eiers. Dis gesertifiseer vir 1000 ure se gebruik met ‘n vervangingswaarborg, kos net R885.00 en is beskikbaar by Link apteke.