By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Van Heerden Apteek Groep

Van Heerden Apteek Groep vier hierdie jaar hul 33ste bestaansjaar. Pieter van Heerden is ‘n apteker en entrepreneur van beroep en is steeds aan stuur van die apteekgroep wat hy self begin het. Vandag is daar al uitgebrei na 17 Van Heerden takke. 

Die groep is deel van die “Script Savers” netwerk van onafhanklike apteke waarvan Pieter ook ‘n direkteur en stigerslid is.

Met takke in Pretoria; Bela- Bela, Modimolle, Thabazimbi, Lephalale, Tzaneen, Nelspruit en Sabie lewer hulle puik diens met ‘n verskeidenheid voorwinkel-produkte soos vitamienes, aanvullings, kosmetiek en self medikasie teen kompeterende pryse, omdat Van Heerden Apteek Groep hulle eie groothandelaar het. Indien kliënte ‘n spesifieke produk benodig, kan die apteke ook via hulle netwerk en groothandelaar vir kliënte bystaan met verkryging van die produkte.

Hulle het voorkeur-verskaffer kontrakte met meeste mediese fondse, wat verseker dat lede se voordele langer hou en bybetalings tot die minimum beperk word. Van Heerden Apteekgroep verwelkom ook alle Polmed chroniese lede by hulle takke. Geen by-betalings op chroniese medikasie word toegepas nie, onderhewig aan skema reëls en formules. 

Van Heerden Apteek Groep bied ook Ekstra dienste soos gratis aflewerings, 
bestuur van chroniese medikasie of herhalings om kliënte tyd te bespaar, maklike bestellings en kommunikasie deur middel van whatsapp. Hulle doen ook ‘n “blister” verpakkingsdiens vir medikasie vir aftree-oorde sowel as privaat kliënte. 

Meeste van die takke het ten volle toeruste klinieke waar primêre gesondheidsorg, immunisasies, vaksinasies en gesondheidsassesserings gedoen word.

Onthou – Oktober is borskankermaand. Jou naaste Van Heerden tak sal ’n bekostigbare mammogram reël - moontlik gemaak deur die PinkDrive veldtog. 

Van Heerden Apteek Groep – die personeel is hartsmense wat omgee. Dankie aan hulle lojale kliënte wat deur die jare familie geword het! 

Kontaknommer:0860 000 380
Copyright © Ontbytsake 2018 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site